Welcome Welcome

Text/HTML

 

Kliek op enige van die volgende logo's 

  

Welkom

Hi julle, welkom by die blad!  Julle is kosbaar in God se oë!
Jy is spesiaal en nie per toeval op aarde nie,
maar God het `n groot plan met jou. 

September 1992 het ek `n ontmoeting met Jesus Christus gehad wat my hele lewe verander het. 
My ou lewe was `n lewe van drank en  moorddadigheid. 
Satan het my sover gedryf, dat die aand voor my bekering,
ek my vrou, myself en my seun probeer uitwis het. 

Vandag kan ons getuig van `n lewe van oorvloed.
 Die Here gebruik ons gereeld as `n instrument
vir redding van siele en genesing, o.a blindes, dowes en ander siekes. 

Ons tree graag by gemeentes en instansies op om die evangelie van Jesus Christus oor te dra. 
 ( gemeng met my getuienis van my ou en nuwe lewe )  
Ons bediening is daarop gemik om kerke te mobiliseer
om buite hulle vier mure te arbei en die verlorenis in te bring.

Jesus laaik jou !



Rooies Strauss